E-pos: info@sorina.co.za
Sel: 082 458 8751
Faks: 086 651 8414
Wil jy hê die sexy Sorina moet by jou funksie kom optree? Of dalk moet die kômmin Flooze ‘n draai in jou valley kom gooi?
Hoe dit ookal sy, Sorina se optredes bied ‘n alles-in-een en haar vertonings is aanpasbaar om enige tipe gehoor te akkommodeer – van ‘n fees en gewone show tot ‘n ge-leentheid wat die Vroue Landbou Unie hou; van ‘n kerk-basaar tot ‘n boerevereniging braai; dames-oggende & dans-aande; Ma&dogter funksies tot gholfdae; fonds-insameling by skole tot iets meer intiems vir kleiner gehore; groot buitelug aande of enige tipe modeparade.
Wat ookal jou vereiste, Sorina pas haar vertoning aan vir elke unieke behoefte.
Boonop kan sy egter nie net sing en vermaak nie, maar is ook geskool om in die hoedanigheid as seremoniemeester, spreker of aanbieder op te tree.